Nog 5 jaar van Lesufi sal ramp wees vir Tshwane

Issued by Cilliers Brink – Uitvoerende Burgermeester van Tshwane
29 May 2024 in Press Statements

Note aan redakteurs: Vind asseblief aangeheg ‘n Afrikaanse en Engelse klankgreep deur Cilliers Brink

Lesufi, een van die argitekte van die BELA-wetsontwerp, ‘n wet wat daarop geskoei is om taalregte van skole en ouers af te stroop, se agterlike retoriek beskadig beide die provinsiale en nasionale ekonomie terwyl hy groei op ‘n munisipale vlak bykans onmoontlik maak.

2024 se nasionale en provinsiale verkiesing is enig in sy soort. Vir die eerste keer staan die regerende ANC op die randjie van die afgrond. Aan die ander kant van die afgrond is ‘n Suid-Afrika, en ‘n Gauteng wat werk.

Môre is ’n geskiedkundige verkiesing vir Suid-Afrika, maar ook vir die Gauteng-provinsie. Gauteng is die ekonomiese hartland van die Suid-Afrika. Mense stroom na hierdie provinsie toe met die hoop vir beter geleenthede.

Gauteng is ‘n nasionale rigtingaanwyser. Daar word nie verniet geskerts dat indien Gauteng nies, die hele land ‘n verkoue kry nie.

Dis vir dieselfde rede dat die uitslag van die nasionale verkiesing ook van Gauteng sal afhang. Premier Panyaza Lesufi het aan die spits gestaan van koalisies tussen die ANC en die EFF op munisipale vlak, en die waarheid is dat dit al is wat die ANC in Gauteng sal red.

So ‘n koalisie sal ‘n rampspoedige gevolg vir ons provinsie wees. Daar is geen twyfel by my dat ons veelparty-koalisie in Tshwane baie beter, en baie vinniger, kan presteer met ‘n verandering van provinsiale regering.

Nog 5 jaar van ‘n Lesufi-regering in Gauteng sal ons ekonomiese einde beteken. Dit is tyd dat ons, ons kinders, en ons bydraes tot die samelewing nie meer net as kwotas beskou word nie. Die verdeeldheid wat op ‘n provinsiale en nasionale vlak gesaai word is eenvoudig nie meer verskoonbaar nie. Dit is tyd om te stem vir ‘n verandering en ‘n party wat werklik ‘n pad vorentoe kan baan.

As ons ‘n sterk DA aan die hoof van Gauteng kan plaas, sal my hande gesterk word deur ‘n provinsiale regering wat ons agenda deel, in plaas daarvan om dit te ondermyn.

Hierdie verkiesing moet die fondasie lê vir ‘n volstrekte meerderheid vir die DA in Tshwane in 2026.

Dis beste manier om hierdie verandering te maak, en om Gauteng in ‘n beter rigting te stuur, is om die Demokratiese Alliansie (DA) die grootste party in Gauteng te maak. So, kan ons in Gauteng doen wat die DA reeds in die Wes-Kaap gedoen het.