DA-beheerde Midvaal Munisipaliteit ‘n baken van uitnemendheid

Issued by John Moodey – DA Gauteng Provinsiale Leier
07 Nov 2019 in Press Statements

Kliek asseblief hier vir ‘n klankgreep deur John Moodey.

Die Demokratiese Alliansie (DA) verwelkom die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (SALGA) se aankondiging dat Midvaal Plaaslike Munisipaliteit die mees stabiele munisipaliteit in Gauteng is.

SALGA het Midvaal ook ‘n skoon oudit toegeken met ‘n ongekwalifiseerde oudit vir die boekjaar 2018/19.

Dit is ‘n oorwinning vir die mense van Midvaal en wys wat harde werk en toewyding kan bereik.  Dit is ‘n verdere bewys van goeie bestuur. Die DA-burgemeester, Bongani Baloyi, het die volle begroting van R1,34 miljard verstandig en verantwoordelik bestee.

Die DA-bestuurde Midvaal is die enigste munisipaliteit in Gauteng wat ‘n skoon oudit ontvang het. Dit beteken dat die munisipaliteit se finansiële state betroubaar is en in ooreenstemming is met wetgewing oor prestasiestandaarde.

Midvaal munisipaliteit duld onder geen omstandighede die misbruik van belastingbetalers se geld nie. Waar die DA regeer, sal ons ons bes doen om te verseker dat belastingbetalers se geld bestee word om dienste doeltreffend aan ons gemeenskappe te lewer.

Die DA wens burgemeester Baloyi en sy span geluk, en is veral dankbaar vir die mense van Midvaal vir hul ondersteuning.